Hierdie artikel handel oor die baai. Vir die dorp, sien Saldanha; en die munisipaliteit, sien Saldanhabaai Munisipaliteit.Saldanhabaai (Engels: Saldanha Bay) is 'n see-inham en hawe aan die suidweskus van die provinsie Wes-Kaap, (Suid-Afrika), 90 seemyl (140 kilometer) noord van Kaapstad. Saldanhabaai vorm die grootste natuurlike hawe in die land en aan die weskus van Afrika.